Ilse Schoeman Attorney Logo
Tuis Dienste Kontak Engels

In Praktyk Sedert 1997

Lees Verder

Ilse Schoeman Attorney

 

ONS PRAKTYK

Ilse Schoeman Ingelyf is ‘n spesialis regspraktyk in Hartenbos teen die Suid-Kaapse kus. Ons spesialiseer in die oordrag van eiendomme (transportbesorging) en notariële werk en adviseer verder in die sfere van eiendomsreg/sakereg en verwante aangeleenthede.

BENADERING TOT

Praktyk

In hierdie grys regs-wêreld moet ‘n praktisyn dikwels balans vind om die beste uitkoms vir die kliënt te verseker. Na ongeveer 25 jaar in praktyk, is ons trots om te sê dat ons spesifiek met verwysing na transportbesorging, fokus op die volgende:

– ‘n sterk fokus, deurgaans, in die beste belang en op instruksie van die kliënt wat ons as transportbesorgers aangewys het;
– uitgebreide ondervinding, gespesialiseerde kennis en harde werk stel ons instaat om ons kliënt se belange te bevorder en te beskerm;
– om tweedens, ook die belange van ander partye wat in die transaksie betrokke is, te oorweeg en te bevorder binne etiese riglyne;
– uitstekende administratiewe personeel wat ons passie vir dienslewering deel;
– persoonlike aandag aan detail, konsultasies slegs met professionele personeel;
– om persoonlike verhoudings met kliënte te bou en te laat gedy;
– die handhawing van ordentlikheid en integriteit wanneer met kliënte/rolspelers omgegaan word;
– ‘n gedurige soeke na eenvoudige oplossings te midde van die vele uitdagings wat ons en ons kliënte in die hedendaagse milieu trotseer.

Ons is dankbaar vir vele lojale kliënte, wie ons dikwels as vreemdelinge ontmoet maar as vriende groet. Lojaliteit is vandag ‘n rare en kosbare skat. Ons koester ‘n langdurige verhouding met ‘n gewaardeerde kliënt, wat gebasseer is op wedersyde vertroue en respek.

professionele

Dienste

Geliewe daarop te let dat ons nooit bankbesonderhede sal wysig by wyse van ‘n oproep / e-pos of teksboodskap nie. Ons bankbesonderhede sal voorsien word deur ‘n gekodeerde staat en ons personeel sal bystand verleen met die kode vir doeleindes van betaling. Ons adviseer dat u betalings aan ons met groot omsigtigheid hanteer, en in geval van enige onsekerheid, ons kantoor kontak.

NOTARIëLE WERK

Sekere regswerk is wêreldwyd vir gekwalifiseerde Notarisse gereserveer. Ons bied die volgende notariële dienste:

ILSE SCHOEMAN ING. PROKUREURS
(In assosiasie met Tertius Schoeman Ing.)
Tel : (044) 695 2424
082 771 6788
ilse@tsiprok.co.za
Senior Sekretaresse (Aktes) : Subeth Coetzee
aktes2@tsiprok.co.za

Want to be the first to know?

Follow us on social Media:

Linkedin

Terms of use
EMAIL DISCLAIMER / PAYMENT GUIDELINES

© Copyright ILSE SCHOEMAN INC. / ING. 2021 – 2022

©
2026 UX Themes

Terms Privacy Cookies